Anke Pietrangeli – Plaastroue lyrics

Net verby ou Jagersfontein net na sonop op 'n lentemôre
Wikkel die werf met 'n bedrywigheid, die klein booi trou vanmôre
Ons hou plaastroue, ons hou plaastroue, maar die ring is weg, die ring is weg

Maar ons kom klaar sonder 'n troupand
Jy gee hom jou belofte en jy gee hom jou hand
Ons hou plaastroue

Chorus
Sakkie sakkie boeredans op perskepitvloere
Daar's bloeisels in die boord en daar is dans in die boere
Daar's witgedekte tafels vrolik in die son
Ons sakkie sakkie boeredans tot Jantjie huistoe kom

Die ou mense praat in die skaduwee
Oor depressie jare en die oorlog
Die slegte ou dae was die goeie ou dae
Voor Apartheid en bedrog
Ons hou plaastroue, ons hou plaastroue, maar die krag is af, die krag is af

Maar ons sukkel g'n, dis koeikonfyt, ons braai daai skaap, eet Ouma se beskuit
Ons hou
Plaastroue

Sakkie sakkie boeredans op perskepitvloere
Daar's bloeisels in die boord en daar is dans in die boere
Daar's witgedekte tafels vrolik in die son
Ons sakkie sakkie boeredans tot Jantjie huistoe kom

Daar kom 'n swart kar met die grondpad aan
En uit klim die Engelsman
Stop vir hom bloeisels in die hand: "gooi confetti saam met ons buurman"

Ons hou plaastroue, ons hou plaastroue maar die bruid is weg, die bruid is weg
Maar ons kom reg sonder kleinnooi, vat sommer haar sussie, sy's ook mooi!

Sakkie sakkie boeredans op perskepitvloere
Daar's bloeisels in die boord en daar is dans in die boere
Daar's witgedekte tafels vrolik in die son
Ons sakkie sakkie boeredans tot Jantjie huistoe kom

Sakkie sakkie boeredans op perskepitvloere
Daar's bloeisels in die boord en daar is dans in die boere
Daar's witgedekte tafels vrolik in die son
Ons sakkie sakkie boeredans tot Jantjie huistoe kom

Submitted by Guest